'n Onderwyser se grootste doel is om kinders te onderrig, maar saam met dit moet daar 'n paar waardes bygevoeg word waarvan proffesionalisme een is. Professionalisme word gedefinieer as die manier waarop jy jouself aan ander bloodstel, saam met dit gaan organisering, beplannig, voorbereiding, konflikhantering, verhoudings met kollega's en leerders en selfetiket. 'n Onderwyser wat voor in die klas staan, word as rolmodel en voorbeeld gesien, deur die leerders asook mede-kollega's. Daarom moet die onderwyser met geskikte kleredrag geklee wees om ook sekere waardes oor te dra en die nodige respek te verdien.
Professionele kleredrag vir 'n onderwyser is om gemaklik, omdat hulle heeldag op hulle voete is, sowel as formeel aan te trek. Dit is belangrik dat alles wat toe behoort te wees toe moet wees en dat die onderwyser ten alle tye netjies voorkom.
Leerders in die klaskamer is baie oplettend oor dit wat die onderwyser dra. Daarom is dit net so belangrik dat die onderwyser nie verleidend voorkom nie. Die onderwyser se kleredrag moet nie die onderrig oorskrei nie, daar moet 'n positiewe beeld geskep word.
Kyk gerus na die video, dit stel die gewensde kleredrag in die onderwys voor.
Omdat die onderwyser konstant in die kollig geplaas word en 'n voorbeeld van goeie morele waardes en norme moet wees, is dit belangrik dat die onderwyser self 'n voorloper in morele gedrag moet wees. 'n Onderwyser moet die vermoƫ besit om self onderskeid te kan tref tussen kleredrag wat in die praktyk aanvaarbaar sal wees en kleredrag wat net eenvoudig slordig of onvanpas sal wees.
Hier volg 'n paar voorbeelde van onderwysers wat geen benul het van die swak morele beeld wat hul uitbeeld nie.