'n Onderwyser se grootste doel is om kinders te onderrig, maar saam met dit moet daar 'n paar waardes bygevoeg word waarvan proffesionalisme een is. Professionalisme word gedefinieer as die manier waarop jy jouself aan ander bloodstel, saam met dit gaan organisering, beplannig, voorbereiding, konflikhantering, verhoudings met kollega's en leerders en selfetiket. 'n Onderwyser wat voor in die klas staan, word as rolmodel en voorbeeld gesien, deur die leerders asook mede-kollega's. Daarom moet die onderwyser met geskikte kleredrag geklee wees om ook sekere waardes oor te dra en die nodige respek te verdien.
Professionele kleredrag vir 'n onderwyser is om gemaklik, omdat hulle heeldag op hulle voete is, sowel as formeel aan te trek. Dit is belangrik dat alles wat toe behoort te wees toe moet wees en dat die onderwyser ten alle tye netjies voorkom.
Leerders in die klaskamer is baie oplettend oor dit wat die onderwyser dra. Daarom is dit net so belangrik dat die onderwyser nie verleidend voorkom nie. Die onderwyser se kleredrag moet nie die onderrig oorskrei nie, daar moet 'n positiewe beeld geskep word.
Kyk gerus na die video, dit stel die gewensde kleredrag in die onderwys voor.
Omdat die onderwyser konstant in die kollig geplaas word en 'n voorbeeld van goeie morele waardes en norme moet wees, is dit belangrik dat die onderwyser self 'n voorloper in morele gedrag moet wees. 'n Onderwyser moet die vermoë besit om self onderskeid te kan tref tussen kleredrag wat in die praktyk aanvaarbaar sal wees en kleredrag wat net eenvoudig slordig of onvanpas sal wees.
Hier volg 'n paar voorbeelde van onderwysers wat geen benul het van die swak morele beeld wat hul uitbeeld nie.
Ek stem ten volle saam en om aan te sluit by hierdie onderwerp, dink ek dat dit belangrik is dat skole 'n duidelike damesbeleid besit. Dames is meer geneig om waaglik aan te trek, en so die leerders of die leeromgewing te versteur.
ReplyDeleteDie 21ste eeu se kleredrag is baie moeilik om by aan te pas indien jy professioneel wil voorkom, die klere is aanloklik, is noupassend wat sekere bates beklemtoon en die onderklere wys dikwels.
'n Voorstel kan wees dat die onderwysers 'n voorskot op 'n kleretoelaag moet kry, omdat dit een van die grootste probleme inhou.
Daar moet ook streng gevolge wees wanneer die reëls oortree word, sodat dit duidelik is dat hierdie 'n groot probleem in skole is.
Dit is onplesierig vir enige leerder, veral 'n seun, om 'n juffrou te sien buk of strek en onderklere of bates steek uit. Daarom moet ons fokus om die leeromgewing so plesierig as moontlik te maak vir die leerders om leer te bevorder.
'n Onderwyser se kleredrag vertel baie oor die onderwyser se houding teenoor sy of haar beroep as onderwyser en ook die onderwyser se houding teenoor die leerders. Ek dink dat sommige onderwysers se swak kleredrag tot wanorde en swak dissipline in hul klasse bydra. Dit is waar dat onderwysers konstant in die kollig is. Leerders hou onderwysers fyn dop en kan vinnig sien of die onderwyser respek het vir sy of haar beroep of nie. Leerders het nie respek vir 'n onderwyser wat geen selfrespek het nie.
ReplyDeleteElke skool het 'n spesifieke gedragskode met betrekking tot kleredrag wat vir leerders uiteengesit is, net so is daar ook vir die onderwyser 'n professionele gedragskode wat gevolg moet word.
Wanneer onderwysers versuim om gepas aan te trek kan dit die manier beïnvloed waarop ander onderwysers, studente en selfs ouers die onderwyser sien.
ReplyDeleteOnderwysers moet daagliks aantrek vir sukses. “Dress for success” kan vir onderwysers die nodige respek gee om 'n positiewe voorbeeld vir hul studente te stel. Selfs onderwysers het reëls of ʼn beleid wat hulle moet nakom, daarom is die belangrik dat die onderwysers volgens hierdie beleid sal aantrek. Jy as onderwyser kan nie van leerders verwag dat hulle voorkoms netjies en korrek moet wees, maar die onderwyser voor in die klas stel ʼn ander voorbeeld nie.
Ek dink ’n onderwyser met ’n afgeronde voorkoms wat ’n vervelige les aanbied, beter deur leerlinge ervaar word as ’n swak geklede onderwyser met ’n opwindende les.
Die onderwyser se voorkoms dra by tot beter dissipline, want ’n onderwyser wat vervelig lyk, sal die kinders verveel en hulle kattekwaad laat aanvang.
Onderwysers is deel van die kommunikasiewêreld. Wanneer ’n onderwyser die klas instap, vergelyk leerlinge die persoon met die aanbieder wat hulle die vorige aand op televisie gesien het.
ʼn Belangrike punt om te onthou, is dat kinders is baie goed in die modellering van die gedrag wat hulle waarneem in volwassenes.